Kippen-Roomsoep

home > recepten-uit-zuid-afrika > Kippen-Roomsoep

Smelt die botter in ‘n swaarboomkastrol (braadpan met dikke bodem). Voeg die hoender by en verbruin liggies. Voeg die hoenderaftreksel, uie, wortels en kruiesakkie by. Bedek en prut 2 uur lank of tot die hoender sag is. Verwyder die witvleis van die hoender en plaas dit eenkant. Plaas die rest van die hoender in die kastrol terug en prut voort. Plaas die witvleis van die hoender, die rys, 15 ml botter en foelie in ‘n vermenger of voedselverwerker en kap fyn. Plaas in die kastrol. Prut 30 minute lank. Voeg die kokosmelk of melk by en verhit tot kookpunt. Klop die eigele en room saam en skep dit in ‘n groot, diep opdienskottel. Giet die sop in die skottel, rasper die neutmuskaat bo-oor (erboven) en sit onmiddellik voor (serveer direct).

  • Nota: vir kokosmelk laat trek ‘n mens 125 ml gedroogde klapper (kokos) 1-2 uur lank op 250 ml warm melk (nie kook melk nie). Sif (zeef) dit en druk al die vloeistof uit die klapper.





Ingrediënten voor 4 personen

Voor vier personen:
botter vir verbruining – 1½ kg hoender (kip) – 2½ liter hoenderaftreksel (kippenbouillon) – 2 middelgroot uie, in skywe gesny – 2-3 middelgrooot geelwortels, in blokkies gesny – 1 kruiesakkie (3 takkies peiersielie, 1 takkie tiemie (tijm), 1 lourierblaar) – 250 g gaar rys – 15 ml botter – knippie gemaalde foelie – 250 g kokosmelk***** of melk – 2 eiergele – 250 ml room – varsgeraspetde neutmuskaat